Woodrow Wilson

Thomas Woodrow Wilson
28ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 4 Maart 19134 Maart 1921
Voorganger William Howard Taft
Opvolger Warren G. Harding
Geboortedatum 28 Desember 1856
Geboorteplek Staunton, Virginië
Sterftedatum 3 Februarie 1924
Sterfteplek Washington, D.C.
Eerste Dame Ellen Axson (1885–1914)
Edith Bolling (1915–1924)
Politieke party Demokraat
Visepresident Thomas R. Marshall (1913–1921)
Handtekening

Thomas Woodrow Wilson (28 Desember 18563 Februarie 1924) was die 28ste President van die Verenigde State (1913–1921). As 'n politikus van die Demokratiese Party was Wilson van 1911 tot 1913 die 34ste goewerneur van New Jersey. As kandidaat vir die Demokratiese Party het Wilson die Amerikaanse presidentsverkiesing van 1912 gewen en die verdeelde Republikeinse Party van die dienende president William Howard Taft en voormalige president Theodore Roosevelt verslaan. In 1919 ontvang Wilson die Nobelprys vir Vrede vir sy toewyding aan wêreldvrede.[1] Woodrow Wilson is in die ouderdom van 67 oorlede na 'n beroerte.

  1. "The Nobel Peace Prize 1919" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne